Mansa | |
---|---|
Koördinate: 11°12′0″S 28°53′0″O / 11.20000°S 28.88333°O | |
Land | Zambië |
Provinsie | Luapula |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Mansa is 'n dorp in Zambië en die hoofstad van die provinsie Luapula wat vroeër as Fort Rosebery bekend gestaan het. Die geskatte bevolking in 2009 was 44 621,[1] skaars 3 600 meer as tydens die 2000-sensus.
Die dorp het in die jare 60 die hoofstad van die provinsie geword, en hoewel dit binne die Koperstreek geleë is en per pad net 217 km van Kitwe af,[2] skei 'n die punt van die Demokratiese Republiek van die Kongo wat tot diep in Zambië reik, die dorp en provinsie van die kopergebied.
Mansa beskik oor vier hotelle: Civic, Mansa, Luka en New Mansa,[3] asook alle ander noodsaaklike dienste,[4] waaronder 'n winkel van die Suid-Afrikaanse kruiderniersgroep Shoprite.[5]